Newsletter


2015-06-29
90 dae planne


Ek begin binnekort weer met 'n 90 dae plan wat ek glo gaan 'n groot impak hê in my lewe.

'n Mens kan sekerlik die vraag vra of so 'n 90 dae van intensiewe gewoel en gewerskaf wel die gevraagde verandering kan bewerk. Wat kan in 90 dae gebeur vir jou?

1. Jy kan dalk 6 - 12 kilogram verloor (of optel as dit nodig is)

2. Jy kan dalk 'n ekstra standhoudende maandelikse inkomste van R6 000 tot R12 000 skep

3. Jy kan 24 tot 48 uur ekstra spandeer met belangrike mense in jou lewe om die verhouding(s) te verbeter

4. Jy kan 'n boek skryf

5. Jy kan 45 tot 90 uur ekstra spandeer om meer te ervaar in jou geestelike lewe

6. Jy kan vir drie maande gaan stap in 'n veilige gebied

7. Jy kan 600 tot 1200 nuwe woorde leer van 'n vreemde taal. 

Jy kan jou drome wat weggesteek is, weer opgrawe of nuwe drome skep.

Wat ookal vir jou van belang is, ek bid dat jy 90 dae van nou af heelwat nader gaan wees daaraan!

Ek wil jou graag aanmoedig om te droom en om jou drome groot te maak.

Baie blessings!

jaag jou drome